Contact Reservations
031-916-4545
Visit Website

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite op die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensies en selfs skoolgroepe huisves.

This Ad has been viewed 123 times.