Contact Reservations
014-736-9800
Visit Website

Sowat negentig minute van Johannesburg en ’n uur van Pretoria af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid. By die avontuursentrum kan selfs groter skool-, studente- of kerkgroepe teen ’n laer tarief van Klein-Kariba se fasiliteite gebruik maak.

’n Magdom aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ’n restaurant, kitskos-afdeling goed-toegeruste winkel verseker dat gaste nie een vervelige of ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop lê ons op die Bosveld-toeristeroete wat ’n ideale basis is vir dagtoere om nabygeleë toeriste-aanloklikhede te verken.

Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies.

This Ad has been viewed 151 times.