Contact Reservations
044-601-7200
Visit Website

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer agt kilometer van Mosselbaai en veertig kilometer van George-lughawe.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasieopsies waar jy per eenheid en nie per persoon betaal nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-afdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omtrek.

Met konferensiefasiliteite wat groepe van tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n inspirerende konferensie.

This Ad has been viewed 127 times.